Bojaar

Portret van die Russiese bojaar Pjotr Potjomkin, deur Godfrey Kneller.
Russiese bojare in die 16de-17de eeu.

’n Bojaar of boljaar was van die 10de tot die 17de eeu ’n lid van die hoogste rang van die feodale Bulgaarse, Russiese, Walachyse, Moldawiese en later Roemeense, Litause en Balties-Duitse adel, net onder die regerende prins (tsaar in Bulgarye). Die rang word steeds gebruik as ’n van in Rusland, Roemenië, Finland, Litaue en Letland waar dit "Pajari"[1] of "Bajārs/-a" gespel word.

  1. Behind the names: Pajari

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search